Skip to main content
Waar Daar Water Is, Is Daar Lewe, Waar Daar Lewe Is, Is Daar Hoop

Water Gee Hoop En Lewe

Vroeg in die 90’s groei Aquadam vanuit die swembad industrie toe Gert van Lochem destyds boere begin help om lekkende plaasdamme reg te maak. Water is die na alles die lewensbloed van enige boerdery. Aquadam het oorspronklik gunnite (beton) plaas damme gebou, maar het intussen onder leiding van Gert se seun, Ronald van Lochem, die ontwerp, vervaardiging en oprigting van staal damme verfyn. ‘n Groot reeks staal tenke word tans geproduseer en gebruik in industrieë soos landbou en aquakultuur, die mynbedryf, die vervaardigings industrie, munisipale water infrastruktuur, asook die vuurvoorkomings industrie.

Ronald se visie het gevloei van ‘n klein stroompie na ‘n groot rivier. Vandag kan Aquadam se tenke  regoor Suid Afrika en Afrika gesien word waar dit gebruik word in landelike, kommersiële en industriële areas. Aquadam se wye produktereeks spreek omtrent enige waterstoring toepassing effektief aan.

Vir die boere skop die reeks af met die Smart Tank Express, ‘n doen-dit-self dam installasie wat spesifiek ontwikkel is met die boer in gedagte. Die boer rig self die dam op met normale handgereedskap enis ‘n belegging vir die boer waarop hy vir baie jare sal kan staatmaak.

Die Smart Tank Extreme is ‘n hoë kwaliteit tank wat gebou word volgens die klient se spesifikasies. Ideaal as beproeiingsdam by spilpunte aangesien die staal dak verdamping beperk. Stoorkapasiteit wissel vanaf 13m³ tot ‘n allemintige 3,260m³. Die Smart Tank Extreme word deur een van Aquadam se professionele oprigtingspanne opgerig wat uitstaande gehalte verseker.

Die styvolle HomeTank is ‘n praktiese reënwatertenk vir die huis. Om sonder krag te moet klaarkom is ‘n beslommernis, maar om sonder water te sit is ‘n nagmerrie! Maak voorsiening teen wateronderbrekings met ‘n HomeTank van Aquadam.

Waar aggressiewe vloeistowwe hanteer word soos in die wyn- of kunsmis bedryf, is die RhinoTank ideaal. Sterker as tradisionele tenke word die Rhino Tank van PosMAC vervaardig en met ‘n epoksie laag beskerm volgens die klient se behoeftes. Die tenk is hoogs korrosie weerstandig en geskik vir ‘n wye reeks applikasies wat insluit gemineraliseerde water, hantering van munisipale slyk, anaerobiese vertering, en baie ander toepassings.

Aquadam se FireTank is ‘n Zincalume tenk met n PVC liner. Die tenks is ontwerp om moeilike toestande te  weerstaan omdat die klient daarop moet kan staatmaak in ‘n brandsituasie. Versekeringshuise dring al hoe meer aan dat pakhuise en store toegerus word met brandsisteme wat natuurlik gestoorde water op terrein vereis. Die FireTank voldoen aan alle vereistes wat deur die brandindustrie vereis word en gee gemoedsrus dat jou bates beskerm is.

Die AgriDome koepeldak PVC skuiling is ideaal vir voerkrale asook die tydelike berging van graan of ander produkte. Dis onwerp dat daar nie pilare is wat die vrylike beweging van diere en masjienerie beperk nie. Die AgriDome bied skaduwee, natuurlike lig en ventilasie om jou bates teen die elemente te beskerm. ‘n Ekonomiese opsie om te oorweeg wanneer groot onderdak ruimtes benodig word.

Dit staan soos ‘n paal bo water! Aquadam het al die harde werk gedoen sodat jy nie hoef nie! Elke produk is ontwerp volgens die nuutste ingenieurskodes- en praktyke sodat die kliënt se behoeftes aangespreek kan word.

Aquadam wil help om die wêreld ‘n beter plek te maak en doen hul leuse gestand: “We help you save water for future generations”.

Vir navrae kontak ons by 066 100 10  10 of epos sales@aquadam.co.za

For more agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Aquadam | Aqua dam International | Firetanks | AgriDome | Waar Daar Water Is | Is Daar Lewe | Waar Daar Lewe Is | Is Daar Hoop