Skip to main content
Impac Cropsure

Hoekom iMPAC Cropsure

iMPAC is ‘n vars bries in ‘n voosgehaelde bedryf wat die oesbedryf vernuwe. iMPAC is die eerste oes versekeringsfirma wat met ‘n Inkomste waarborg produk die mark betree het om risiko bestuur vir die klient lewensvatbaar te maak. iMPAC het ook die eerste geintegreerde stelsel wat bestuur baie eenvoudig maak en die proses om polisse uit te rek en eise uit te betaal te vergemaklik.

 

iMPAC streef om ‘n goeie diens te lewer, ons beweeg weg van die tradisionele manier van verseker, aangesien die mark moet vernuwe. iMPAC glo aan bekostigbare produkte wat die kliënt en finansierder se risiko dek. Met ons taksasieprogram kan ons eise in ‘n oogknip afhandel.

 

iMPAC se taksateurs is onafhanklik, wat die kliënt die gemoedsrus kan gee dat skade korrek en regverdig bereken sal word. iMPAC glo aan verhoudings en stap die pad saam met ons kliente en tussengangers.

 

iMPAC Cropsure is 'n nuwe firma met nuwe produkte wat ‘n eerste is in RSA. Die eerste ten volle geintegreede stelsel wat vir die klient vinniger omdraai tyd op eise beteken. ‘n Opgeleide en bekwame onafhanklike taksateurskorps.

 

Wie ons is

Bryte Versekerings Maatskappy Beperk is die voorste proaktiewe kommersiële risikospesialiste in Suid-Afrika. Met die toepassing van ons ongeëwenaarde insigte in sektore, bewese kundigheid en versiendheid, gaan ons vennootskappe met kliënte en makelaars aan om hul besighede te beskerm en hul risikoprofiel oor die hele vasteland te verbeter.

Ons risikobestuursoplossings ten opsigte van korttermynversekering word ontwikkel met deeglike sektorkennis, ’n toekomsgerigte fokus en ons verbintenis tot voortreflike diens. Bryte Versekerings Maatskappy Beperk se handelsmerk is miskien nuut, maar dit sluit die voordeel van ’n gevestigde infrastruktuur, produkte en bestuurspan in. Ons is trots op wat hierdie span die afgelope paar jaar vermag het, en ons sien uit daarna om voort te bou op die stewige grondslag van ’n gevestigde, suksesvolle versekeringserfenis en ’n toegewyde vennootskapsmodel.

Bryte Versekerings Maatskappy Beperk se werksaamhede in Suid-Afrika en Botswana is onlangse toevoegings tot die Fairfax Financial Holdings-portefeulje. Fairfax is ’n maatskappy wat in Toronto, Kanada gesetel is en deur sy filiale betrokke is by eiendoms- en ongevalleversekering, herversekering en beleggingsbestuur.

Bryte Versekerings Maatskappy Beperk volg ’n doelgerigte benadering tot kliënterisiko, en werk proaktief saam met makelaars en kliënte om beter risikobesluite te verseker.

 

Ons Dienste

Tegnologie

Ons werk voortdurend om ons tegnologie te verbeter. Dit beteken vir u as kliënt vinniger omdraai tyd op eise. Daar word nie meer gesloer met papierwerk nie. iMPAC het die eerste volledige geintegreerde stelsel wat bestuur word deur Ilanga wat ‘n veilige portaal skep vir agente en kliënte.

Daar word ook navorsing gedoen op gewasse om in lyn te bly met die nuutste kultivars en hoe skade die groei beinvloed.

 

Hael Dekking

Dekking teen die direkte meganiese aksie van hael. Dit kan die volgende dekking insluit, Brand, Transito en Ryp, maar verskil van gewas tot gewas.

 

Inkomste Waarborg

Omvattende dekking eerste in RSA! Dekking word verleen teen alle risiko wat nie deur die boer beheer kan word nie. Dekking tree in werking sodra die opkomverslag gedoen is wat die geplante oppervlak te en boerderypraktyke bevestig.

 

Spesiale kenmerke – Onafhanklike taksateurskorps kan Skadebepalings doen vir beesteskade, Eksom krag op besproeiing gewasse en chemiese spuitskades.

 

Provinsies:

  • Vrystaat
  • Noordwes
  • Mpumalanga
  • Natal
  • Oos Kaap
  • Noord Kaap
  • Limpopo
  • Gauteng

Gewasse:

  • Mielies
  • Sojas
  • Sonneblom
  • Sorghum
  • Droëbone
  • Grondbone
  • Katoen
  • Pekanneute
  • Makadamia Neute
  • Aartappels
  • Koring
  • Gars
  • Hawer

 

Hierdie inligting is slegs bedoel vir inligtingsdoeleindes. Niks wat hierin vervat is, kan of moet geïnterpreteer word om voorrang te geniet oor die beleidstaal, Regulasies vir Gewasversekeringskorporasie / Risikobestuursagentskap, en Regulasies vir Onderskryf of Verlies aanpassing.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Impac Cropsure | versekering | dekking | hael | skade | boere | lande | verlies