Skip to main content
KragDag

Die Grootste Alternatiewe Energie En Selfstandigheid-Ekspo In SA

Hierdie jaarlikse doen-jou-eie-ding ekspo word vanjaar vir die dertiende keer aangebied van 11-13 Augustus, net 20km buite Pretoria op Diamantvallei Landgoed! Sakeliga KragDag 2021 is deur 21 000 mense bygewoon, wat dit ook die grootste ekspo vir die jaar in Suid-Afrika maak!

Die ekspo het in 2008 ontstaan toe alternatiewe vir Eskom kragvoorsiening nog nie vrylik beskikbaar was vir die publiek nie, en KragDag ‘n handjievol kragvoorsieners bymekaar gebring het. Dit het egter gegroei tot ‘n ekspo wat vandag vir besoekers ‘n verskeidenheid doen-jou-eie-ding lewenstyloplossings bied. Hieronder val energiebesparing, sonkrag, veiligheid, nuwe tegnologie, opvoedkunde, buitelugkragtoerusting en vele meer. Sedert 2019 maak ‘n volwaardige landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA ook deel uit van die ekspo. Die doel met die ekspo is om mense aan te moedig om innoverend te bou aan ‘n volhoubare selfstandige vrywees lewe, deur self verantwoordelikheid vir hulle lewens te neem.

Alhoewel dit ‘n leersame geleentheid is, word dit in ‘n karnaval atmosfeer aangebied en is groot pret vir die hele gesin. Besoekers kan hierdie jaar uitsien na sowat 600 maatskappye wat hulle selfstandigheidsoplossings sal ten toon stel. Die raadsaal program in die Sakeliga Plein sal ‘n wye verskeidenheid aktuelle en informatiewe onderwerpe insluit. Die Inyati Arena sorg ook vir aanskoulike landbouvertonings, vee-rastentoonstellings en demonstrasies. Die streekskampioenskappe vir die Toyota SA Jong Afslaers word ook vanjaar weer by Sakeliga KragDag aangebied.

KragDag is passievol oor entrepreneurs, en bied weer ‘n Junior Entrepreneurskompetisie aan waar jongmense tot die ouderdom van 21 hulle produkte aan die besoekers kan bekendstel. Groot kontantpryse, asook besigheidsafrigting en kursusse kan gewen word.

Besoekers kan die ekspo bywoon deur ‘n drie-dag kaartjie te koop teen R100 by die hekke, of teen R50 aanlyn te bespreek. Verkope open 1 Mei 2022.

Die ekspo maak voorsiening vir verskillende kategorieë waarin ondernemings kan uitstal. Tema uitstallers sluit alle ondernemings in wie se uitstalling voldoen aan die doen-jou-eie-ding selfstandigheidstema. Dan is daar die Landbou uitstallers, Opvoedkunde sub-ekspo vir enige onderrig uitstallers, ‘n Makersbeweging (“Makers Movement”) wat uitstallers insluit wat fokus op elektronika, 3D-drukkers, die Internet van Dinge en nuwe patente uit herwinde materiaal, die Junior Entrepreneurs, ‘n Kuns en Knabbel Mark in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Verversings asook Vermaak.

 

Ondernemings wat inpas by die tema en graag by KragDag wil uitstal, kan 087 231 1644 skakel vir meer inligting.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
KragDag | sakeliga | agrifoodsa | landbou skou | gauteng