Skip to main content
Sakpro

Sakpro Se Vooruitstrewende Voedselveiligheidsinisiatief

Waardevolle vrugte en groente wat met sorg verbou is verdien netjiese, aantreklike, veilige verpakking in Sakpro se sakkies. Die boer, vervoer, verkoopspunt en verbruiker ... almal wen met produkte soos sitrus, uie, kool, pampoen, avokado’s, skorsies en botterskorsies wat Sakpro-sakkies verpak, vervoer en verkoop word. 

՚n Belangrike voordeel is dat Sakpro se sakkies lug deurlaat om die inhoud langer vars te hou. 

 

Sakpro is sedert 1964 Suidelike Afrika se leiervervaardiger en verskaffer van gebreide vrugte- en groenteverpakkingsakkies van HDPE (hoëdigtheid poli-etileen). Hulle is deel van die ge-respekteerde maatskappy, Multiknit. 

 

Al Sakpro se sakkies is van die hoogste gehalte om die boer en sy produkte waardig te wees. Sakpro kan ook die boer se besonderhede op die sakkie plaas. 

 

Wat grootte, vorm en kleur betref, kan Sakpro die sakkie presies volgens die boer se voorskrifte vervaardig. Hulle spesialisspan verstaan immers hoe verpakking kan bydra tot wins-gewendheid en hoe dit die verbruiker kan beïnvloed om die produk te koop. 

 

Die sakkies se hoë gehalte en sterkte maak dit veelsydig en geskik vir ander aanwendings. Siviele ingenieurs gebruik dit selfs as sandsakke om grond-erosie te voorkom. 

 

Sakpro se fabriek voldoen aan FSSC22000-sertifisering. Gegrond 

op die Internasionale Organisasie vir Standaarde (ISO), is FSSC22000 ՚n globale voedselveiligheidsinisiatief (GFSI). 

 

Om uit te vind hoe jy jou produkte in Sakpro-verpakking kan vertroe-tel, kontak sales@sakpro.co.za, 013-751-2376 

 

For other agricultural products and services, click here.

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Sakpro | sakkies | vrught | groente | verpakkings sakkies | groenteverpakkingsakkies