Skip to main content
Oplossings Vir Besproeiingsboere

Oplossings Vir Besproeiingsboere

Irrigation Unlimited bied veelsydige, kostedoeltreffende ingenieurswese van topgehalte uit Italië. In sy reeks is verskeie pyp- en mobiele besproeiers.

Pypbesproeiers, ook genoem traveller and hard hose-masjiene, sluit in mobiele waterkanonne of spuitbalke wat die gewasse besproei, terwyl dit oor ’n land beweeg. Bykans al dié besproeiingsopsies is wateraangedrewe.

 

Pypkatroltegnologie het teen die einde van die 1960’s in Frankryk die lig gesien. Tans is daar wêreldwyd sowat 11 vervaardigers, waarvan die grootste twee Ocmis en Bauer is.

 

Ocmis het in die laat 1990’s met grootskaalse vervaardiging van pypbesproeiers begin en die wêreldleier geraak in die vervaardiging van hierdie soort besproeiingstegnologie. In Suid-Afrika voer Irrigation Unlimited Ocmis se mobiele besproeiing-stelsels in.

Ocmis se mobiele besproeiing-stelsels is ’n veelsydige en kostedoeltreffende besproeiings-metode. Dit het slegs vir ’n kort tydjie ’n enkele operateur nodig. Daarna werk die toestel op sy eie voort.

 

Die raamwerk van die toestel is van sterk staalbalke en is met robottegnologie aan mekaar gesweis. Die drom is om ’n kompakte struktuur vervaardig. Die poliëtileenpyp van topgehalte is vervaardig om sterk sleepweerstand te deurstaan en ’n smoorvloei-turbine is ontwerp om verliese te verminder. Die poliëtileenpyp katrol outomaties af wanneer die waterkanon se trollie oor die land gesleep word.

 

Wanneer die masjien begin besproei, rol die pyp terug op die drom en dan beweeg die waterkanon se trollie oor die land. Die waterkanon draai op sy as van ’n minimum van 30 grade tot ’n maksimum van 270 grade.

Die lengte van die poliëtileenpyp kan wissel. Die vloeikoers kan ook gereguleer word. Die vloeikoers wissel na gelang van die deursnee van die waterkanon se plastiekspuitstuk.

 

’n Spoedkompensator reguleer die hoeveelheid water deur die terugkeerspoed van die trollie aan te pas.

 

   VOORDELE

  • Die harde pyp-masjiene is nie vaste stelsels nie.
  • Dit verskuif maklik vir gebruik op verskillende lande. Hulle kan padlangs vervoer word.
  • Dit kan landerye met onewe oppervlakke besproei.
  • Dit is gebruiksgereed en verg geen voorbereiding nie.
  • Dit kan alle soorte gewasse besproei.
  • Dit is gebruikersvriendelik en kostedoeltreffend.

 

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Irrigation Unlimited | Oplossings Vir Besproeiingsboere | besproeiing | Irrigation