Skip to main content
Onderwysstelsel: Is Dit Voldoende Vir Die 21e Eeu?

Is Die Onderwysstelsel Voldoende Vir Die 21e Eeu?

Die huidige opvoedkundige stelsel in Suid-Afrika is ontwerp om aan die behoeftes van die industriële rewolusie te voldoen met die fokus op die produsering van 'n werksmag wat bedrewe is in basiese geletterdheid, syfervaardighede asook tegniese vaardighede. Tog is daar in die teenswoordige, vinnig veranderende wêreld 'n groeiende behoefte aan 'n meer buigsame en innoverende benaderings tot onderwys wat kan aanpas by die eise van die 21ste eeu.

Tuisonderwys en ander privaat instansies bied 'n kragtige oplossing vir hierdie uitdagings en bied leerders 'n persoonlike en holistiese benadering tot opvoeding wat beter geskik is vir individuele behoeftes en omstandighede. Deur leerders die hulpmiddels en hulpbronne te bied wat hulle nodig het om hul belangstellings en passies uit te leef, kan alternatiewe opvoeding kreatiwiteit, kritiese denke en 'n liefde vir studeer kweek.

Ons nooi u uit om saam met ons die Gauteng Alternatiewe Onderwys Ekspo op 15 April by die Heartfelt Arena te besoek, waar ons kan sien hoe alternatiewe onderwys 'n relevante en effektiewe benadering tot opvoeding in die 21ste eeu kan bied. Besoekers kan uitsien na 'n genotvolle en avontuurlike gesinsdag met  privaat-, kleinskool, of tuisonderwysopsies, lesings asook aktiwiteite vir die jongspan wat boogskiet, muurklim, 'n reptielskou en vele meer insluit.

Registreer HIER om die geleentheid gratis by te woon.

'n Ander geleentheid om te oorweeg is die Verstaan, Beplan en Installeer jou eie Sonkragstelsel Kursus wat weer op 6 Mei 2023 op Diamantvallei aangebied word. Binnekort word 'n nuwe Ystersmee Kursus ook bekend gestel.

KragDag is opsoek na 'n grafiese ontwerper om deel te word van die KragDag-span. Die ideale kandidaat moet minstens twee jaar onderving in die bedryf hê. Indien jy belangstel, kontak die kantoor gerus by info@kragdag.co.za.

Maak elke dag 'n KragDag! Doen jou eie ding!

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
KragDag | Onderwysstelsel: Is Dit Voldoende Vir Die 21e Eeu?