Skip to main content
Die Korrekte Filtreringsmetode Vir Jou Besproeiingstelsel

Die Korrekte Filtreringsmetode Vir Jou Besproeiingstelsel

Johan Visser, Grethe Bestbier

Wanneer dit kom by die beskerming van jou besproeiingstelsel, is min dinge meer belangrik as effektiewe filtrering. Die korrekte keuse van filtreringsmetode om jou stelsel teen verstoppings te beskerm, is nie slegs ‘n finansiële besluit  nie. Talle ander faktore moet in gedagte gehou word.

 

Hoe kies ek die regte stelsel?

Die doel van filtrering is om die besproeiingsstelsel te beskerm teen partikels wat jou stelsel kan verstop.  Die beste filter is een wat die grootste persentasie van partikels terughou wat 'n verstoppingspotensiaal vir die emitters inhou.

Die keuse word dus gelei deur die keuse van emitter. Terwyl sommige emitters maklik verstop, is ander tipes minder sensitief.  Daarom is dit belangrik om eers die ontwerp van die drup- of mikro-stelsel te finaliseer voor die regte metode van filtrasie bepaal word.

 

Om die regte filtreringstelsel te spesifiseer, moet die ontwerper die volgende inligting bekom:

  • Die kleinste vloeipad opening van die emitter (gewoonlik word die waarde deur 7 gedeel om die graad van filtreering te bepaal).
  • Die water kwaliteit is belangrik. Wat is in die water wat verwyder moet word om die verstopping van die emitters te verhoed? Is die partikels wat verwyder moet word organies of anorganies?
  • Die stelsel se werksdruk, asook die volume water wat filtreer moet word.

 

Watter tipe filtreringstelsels is daar?

Daar is drie metodes van filtrering wat algemeen gebruik word in die landboumark. Die besluit tussen die verskillende metodes hang af van die effektiwiteit verlang.

  • Skyf filters, ook bekend as ring filters, is beskikbaar in twee tipes: outomatiese ring filters en konvensionele ring filters. Vandag word outomatiese ring filters mees algemeen gebruik.
  • Maas filters (screen filters in Engels).
  • Media filters, ook beter bekend as sand filters.

 

Elke tipe van filtrering het sy unieke voor en nadele.  Daar is ‘n paar eienskappe wat ‘n ontwerper in gedagte moet hou:

  • Werksdruk en drukverlies deur/oor die filter.
  • Effektiwiteit van die filter. Indien die filter gekies word om 130 mikron te filtreer, is dit belangrik om te weet wat die vermoë van die filter is om partikels groter as 130 mikron te verwyder.
  • Volume terugspoel water benodig. Hierdie water is nie weer beskikbaar vir besproeiing nie.
  • Onderhoud van die stelsel.
  • Krag benodig om die filter terug te spoel.

Die mees effektiewe filters het gewoonlik 'n paar uitdagings; die grootste hiervan is ‘n oneffektiewe terugspoel aksie. Dit kan vergelyk word met 'n voertuig se lugfilters. Seker die mees effektiewe filter in die landbou vandag, is dit byna ontmoontlik om lugfilters skoon te maak en moet dit gewoonlik vervang word. Só ‘n stelsel is nie prakties vir besproeiingsfilters nie.

 

‘n Paar praktiese gedagtes

  • Die posisie waar die filter geplaas word is belangrik. Die filtrasieproses moet so naby as moontlik geleë wees aan die area wat besproei word. As dit nie moontlik is nie, kan sekondêre filters geïnstalleer word. Hierdie filters help om die emitters te beskerm teen moontlike pyplyn breuke wat mag plaasvind tussen die primêre filters en die besproeiingsblok.
  • 'n Verstopte filter wat die vloei van water heeltemal stop (weens swak onderhoud of enige ander rede) is steeds beter as 'n filter wat onder die omstandighede vaal en die partikels deurlaat na die emitters. Dit is verkieslik om filters skoon te maak eerder as om die emitters te probeer skoon maak.
  • Kies die filter om effektief te kan funksioneer wanneer die water bron of sy slegste is. ‘n Stelsel teen die Benede Oranjerivier moet byvoorbeeld gekies word om die swak kwaliteit water te kan hanteer wanneer die rivier in vloed is. Die stelsel moet die groot hoeveelhede sand en slik wat saam met die vloedwaters kom kan hanteer.
  • In uiterste gevalle moet ‘n kombinasie van metodes gebruik word om die water te suiwer. Soms is dit nodig om van uitsakdamme gebruik te maak om van hoë volumes sand en slik in die water ontslae te raak voor dit na die primêre filter gepomp word.
  • Raadpleeg altyd 'n kundige met die keuse van jou besproeiingstelsel en die regte komponente om ‘n suksesvolle stelsel saam te stel. Die voordele van die korrekte keuse van stelsel en komponente gaan jou veel meer plesier en inkomste bied as die prys wat jy daarvoor betaal het.

 

Kontak Agrico by +27 21 950 4111 / info@agrico.co.za of besoek www.agrico.co.za.

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Die Korrekte Filtreringsmetode Vir Jou Besproeiingstelsel | Agrico | Irrigation | Irrigation systems | besproeiing