Skip to main content
Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel VII

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel VII

Hierdie is die laaste artikel in die reeks van sewe rakende die gebruik van gevorderde tegnologie om misdaad, veediefstal, aanvalle en algemene plaasbestuur pro-aktief te bestuur.

Dit is ‘n samevatting van al die belangrikste aspekte soos bespreek in die vorige ses artikels.

 

Gemeenskapsamewerking

As ‘n hoogs ervare verskaffer van gevorderde tegnologie vir die boere en Agri-gemeenskap, vind SDE dit in sekere gevalle skokkend hoe gemeenskappe nie kan saamwerk om ‘n gemeenskaplike vyand te stuit nie. In plaas van kollektiewe samewerking tot die voordeel van die hele gemeenskap, blyk dit dat eiebelang verskeie persone se denke oorheers tot nadeel van almal.

‘n Buigsame ingesteldheid van elke individu in die gemeenskap is van kardinale belang om ‘n gemeenskaplike doel te bereik: om die gemeenskaplike vyand as ‘n verenigde groep te beveg. Persoonlike ego’s is egter in baie gevalle die grootste probleem.

 

Samewerking tussen gemeenskappe

In verskeie gevalle word gevind dat wedywering tussen gemeenskappe die groter probleem ernstig benadeel. Die einddoel van almal is dieselfde, maar in baie gevalle nie sterk genoeg om samewerking te bewerkstellig nie.

Dit word veral in drie aspekte gesien:
1) Die gebruik van verskillende tegnologieë per groep.
2) Die gebruik van onbetroubare diensverskaffers.
3) Die gebruik van verskillende tipes beheerkamers.

Indien aangrensende gemeenskappe verskillende beheerkamer-diensverskaffers gebruik, is daar dadelik ‘n ontkoppeling tussen gemeenskappe wat betref pro-aktiewe en re-aktiewe monitering en rapportering. Indien die booswigte van een gebied na ‘n ander beweeg word inligting nie effektief oorgedra nie.

 

Betroubare tegnologie en betroubare diensverskaffers

Gemeenskappe maak gereeld die fout dat die goedkoopste prys die deurslag gee van die produk en diensverskaffer. Om die gemeenskaplike vyand met erns aan te pak kan nie gedoen word met swak gehalte toerusting en swak diensverskaffers nie.

As gevolg van SDE se suksesvolle hoë werkstandaarde, is ons verskeie kere ingeroep om reeds geïnstalleerde videostelsels oor te doen of op te gradeer na ‘n vlak van betroubare gebruik.

Die vyand is baie slu, wreedaardig en baie aktief. Moet nie toelaat dat prys, swak toerusting en swak diensverskaffers die geveg teen hierdie ernstige bedreiging beduiwel nie.

 

Aanwending van video-monitering

Die effektiewe en korrekte aanwending van ‘n betroubare video-moniteringstelsel is besig om ‘n geweldige positiewe impak te maak. Nie net as ‘n sekuriteitstelsel nie, maar ook vir effektiewe plaasbestuur. Sien die vorige artikels wat albei aanwendings breedvoerig bespreek.

Dit is egter van uitsonderlike belang dat besef word dat geen video-moniteringstelsel optimaal kan bydra indien swak of geen pro-aktiewe en re-aktiewe monitering gedoen word nie. Korrekte en betroubare voltydse monitering, dus elke uur van die dag en nag, is van kritiese belang. Geen video-moniteringstelsel sal regtig maksimaal benut kan word sonder ‘n goed ingerigte moniteringsbeheerkamer nie.

Dit is hier waar SDE miljoene spandeer het om sekerlik een van die beste beheerkamers in gemeenskappe te vestig.

 

Die tegnologie en die boer.

In die daaglikse omgang in die Agri-bedryf word gevind dat die aanwending van gevorderde tegnologie vir monitering en bestuur van baie aspekte op ‘n plaas nog redelik weerstand kry. Dit blyk tog dat die gebruik van gevorderde tegnologie steeds skepties benader word tot nadeel van effektiwiteit en winsgewendheid.

Die korrekte aanwending van tegnologie ontsluit geweldig baie waarde vir beide sekuriteit en algemene plaasbestuur. Kies net die regte diensverskaffer!

Enige video- of ander moniteringstelsels bestaan uit verskeie tegnologieë soos skakels in ‘n ketting. Indien een van die skakels nie werk nie, werk die hele stelsel nie. Maar weereens: betroubare produkte en betroubare diensverskaffers wat al die skakels in die ketting optimaal ontwerp en in werking stel, is uiters skaars. Kontak SDE gerus! Met oor die 41 jaar se praktiese ervaring en met eersteklas en ervare professionele ingenieurs, kan net die beste diens verwag word.

 

Tegnologie vir plaasbestuur

Artikel vyf in hierdie tydskrif gee ‘n in diepte insig oor die aanwending van video- en verskeie ander tegnologieë vir die aanwending van plaasbestuur.

Tegnologie het met rasse skrede vooruitgegaan om amper elke aspek van ‘n plaas te kan monitor vir pro-aktiewe plaasbestuur. Verskeie aspekte van ‘n plaas kan ook ten volle geoutomatiseer word sodat so min moontlik arbeid benodig word.

 

Slotsom

Boere en die Agri-gemeenskap moet tegnologie omhels wat effektiewe sekuriteit en plaasbestuur kan ontsluit. Nie net verhoog die korrekte tegnologie die algemene paraatheid teen ‘n gemeenskaplike vyand nie, maar kan ook geweldig bydra tot doeltreffende plaasbestuur.

Fokus dus ernstig op:

  1. Die gemeenskaplike doel om die vyand te beveg!
  2. Stel die gemeenskaplike doel bo persoonlike ego’s.
  3. Bevorder samewerking tussen gemeenskappe deur die breër gemeenskappe te betrek met die gebruik van dieselfde tegnologie, diensverskaffer en beheerkamerstrukture.
  4. Omhels tegnologie as ‘n buitengewone effektiewe ontsluitingsmeganisme tot winsgewendheid.
  5. Maak gebruik van professionele diensverskaffers met jare se ondervinding en ‘n uitstekende verwysingsrekord.

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 663 4331

072 668 0800

dirk@sdexperts.o.za

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
SDE