Skip to main content
World Focus Agri

Energiebestuur En Die Opname Van Ca/K

Ons is almal bekend met die konsep van massa-balans en energiebalans. Enige biologiese sisteem, insluitende ons eie liggame bestaan uit ‘n massablans en energiebalans. In gewasverbouing fokus ons baie energie en koste op die massabalans deel van die plant se behoeftes; die in-balans bring van die grond en/of groeimedium in terme van nutriënte en ander toepaslike aspekte.

 

Die vraag bly staan hoe kan ons dan die energiebestuur doeltreffend in ‘n plant doen? Ons “balanseer” al die nutriënte in die grond, maar die resultate is nie altyd soos verwag word nie. Daar vind nie welige groei plaas nie, patogene kry vastrapplek of skadelike insekte kom besoek die gewasse vir voortplanting. Die opbrengs bly ver agter die genetiese potensiaal van die spesifieke gewas. Die oplossing vir die vraagstuk is doeltreffende energiebestuur in die plant en in die grond.

 

In die natuur is daar ‘n paar sisteme wat die plant ook in staat stel om sy energie beter te bestuur soos byvoorbeeld die effek van metaboliete op die grondlewe. Die sleutel tot sukses lê by sekere sekondêre metaboliete wat organismes afskei.

Soos urease en glomalin, is ETP (Epipoydioxiperizine) ook veronderstel om vrylik in die natuur beskikbaar te wees. Urease is gelukkig nie ‘n probleem nie. ETP is ‘n ensiem afkomstig van onder meer fungusse soos onder andere trigoderma.

‘n Effektiewe sleutel tot plantenergiebestuur lê in die ETP wat die organismes as metaboliete vir die plant teruggee in die simbiotiese verhouding wanneer dit effektief in die rizosfeer aktief is.

 

Dit is soms moeilik om die die rizosfeer in ‘n kommersiële omgewing effektief te kry sodat die lewende organismes genoegsame ETP afskei om die gewenste effek te verkry. Vir die rede kan ETP (Gliogrow) as blaarbespuiting gebruik word om die gewenste effek herhaaldelik te verkry.

 

Die effek van ETP op die plant is onder meer die volgende:

  • Verhoogde wortelgroei aktiwitieit (aangesien die plant nog toegang tot die metaboliet wil verkry)
  • Verhoogde ensiem-aktivering vir die plant se metaboliese bestuur en nutriënt-opname
  • Verhoging in die konsentrasie van die komplekse plantsuikers/voedingstowwe (Brix)
  • Verhoging in die konsentrasie van absesiensuur en plantsapgeleiding
  • Verhoogde fotosinteseaktiwiteit;
  • Balans tussen fotosintese en respirasie.

 

Indien dié effek van verhoogde ensiem-aktivering verder gebruik word in die energiebestuur en plantbeskermingsproses kan die volgende verwag word:

 

  • Deur ETP saam met ‘n essensiële, dog moeilik blaaropneembare element soos Ca te gebruik, kan die effek uitsonderlik wees. Die kombinasie van die verhoogde ensiemaktivering en sekondêre metaboliet-getjeleerde Ca, vorm Ca-calmodium (ensiem), wat as ‘n tweede boodskapper optree vir die sintese van “beskermings” proteïene.
  • ‘n Soortgelyke effek kan verkry met die verhoogde opname van K deur die sekondêre metaboliet-getjeleerde K om die rypwordingsensiem se konsentrasies konstant te hou. Dit sorg vir ‘n meer egalige rypwordingsproses.
  • As gevolg van bg veranderinge in die plant se metabolisme, is daar ‘n noemenswaardige verhoging in suiker-, stysel- en aminosuur-produksie binne die plant. Hierdie uiters gunstige toestande het ‘n verbeterde blom- en vrugvorming, en derhalwe verhoogde  opbrengs en raklewe tot gevolg.

 

Nog ’n verdere verhoging in plantenergie kan bewerkstellig word deur die optimale bestuur van toegediende Nitrate teenoor Ammonium in die plant. Dit kan bewerkstellig word met die gebruik van die sekondêre metaboliettjelering van Ca en K as alternatief tot Kalsiumnitraat en Kaliumnitraat. Dit het tot gevolg dat die plant minder Nitrate na Amiene moet reduseer vir die Krebbs-proses wat nodig is vir die produksie van aminosure. Die verlaging in reduksie het ‘n verlaagde plantrespirasie tot gevolg, wat die kosbare gekomplekseerde plantsuikers en beskikbare en ergie behou.

 

Gliogrow is ‘n natuurlike produk wat geen residu na toediening laat nie en kan effektief op enige gewas gebruik word voordat die plant in ‘n hoë energie behoefte fase ingaan. (Inisiasie, Seldeling en Vrugvul).

 

 

Sojabone in Delmas wat met die tweede bespuiting van Gliogrow gedoen word.

 

Uie saad by Augrabies teen 3Lt per ha met opbrengs van 1.2 teen 98% ontkieming.

 

For other agricultural products and services, click here.

 

 

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
World Focus Agri | Ca/K | Energiebestuur | biologiese sisteem | Gliogrow