Skip to main content

SENTER360

By SENTER360 is ons trots daarop dat ons nie slegs produkte verkoop nie, maar dat ons ook langtermyn verhoudings met ons kliënte bou deur ʼn waardepakket van uitstekende kwaliteit en diens te verskaf.

Die SENTER360 spilpunt wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig word, is bekend vir sy uitmuntende kwaliteit en sterkte bo industrie-standaarde. Vir meer as vyf-en-twintig jaar is ons al deel van die besproeiingsbedryf. Ons het groeiende besigheidsbelange in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld.

By SENTER 360 is spilpunte vir ons ʼn passie. Juis daarom bou ons nie net ʼn sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ʼn groot verkil in jou alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT

SENTER360 se vakwerkysters is van pyp vervaardig wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. Dit bied ons die voordeel om twee stelle vakwerkysters meer per toring te gebruik wat sorg dat die struktuur buitengewoon sterk is. Boonop het die pypstruktuur minder windweerstand en is dit die rede waarom SENTER360 spilpunte windsnelhede van 158 km per uur (in die veld gemeet) kan weerstaan sonder enige skade; weereens ook die rede waarom geen SENTER360 spilpunt in die onlangse stormwinde omgewaai het nie (die enigste fabrikaat wat bly staan het!). Standaard langer aandryfbalke, stewige toringstutte, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvastigheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEELREEKS

Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp, wat die grondslag van die hele SENTER360 spilpuntontwerp uitmaak, word ook op ons beheerpaneelreeks toegepas.

As “basiese” beheerpaneel gebruik SENTER360 ʼn paneel vergelykbaar met die top reeks van ander fabrikate. Dit het as standaard funksies aan/af-sit terugvoer as die spilpunt staan direkte mm verstelling posisiebepaling druk-aanskakel en laedruk skakeling kan deelsirkels en sektore met variërende mm op elke sektor besproei outomatiese omdraai met variërende mm met die omdraai skeduleringsopsies, en vele meer!

Alle SENTER360 panele kan met jou selfoon*, tablet*, rekenaar of basisstasie beheer word deur ʼn van-die-rak Kommunikasie-eenheid van jou keuse (GPRS/selfoon-netwerk, Wi-Fi of radio-eenheid) op enige nuwe of bestaande** SENTER360 beheerpaneel in te prop.

Volle pompbeheer, VSD-beheer en terugvoer is ook beskikbaar op dieselfde stelsel.

*(Android, IOS en ander)

**(Ouer panele se beheer is beperk tot aan/af, mm verstelling, loop/staan terugrapportering)

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING

Een van die meer algemene probleme met spilpunte is dat die laaste spuit geneig is om verstop te raak. Ons het egter met ʼn innoverende, dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoon te hou. SENTER360 spilpunte word standaard toegerus met drukgereguleerde Komet Twister sproeiers teen 10 psi (0.7 bar) of opsionele 6 psi (0.42 bar) wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS

Die standaard aandrywing van die SENTER360 spilpunt bestaan uit ʼn swaardiens wielratkas, met ʼn gratis opsionele vyf jaar waarborg* wat deur ʼn 0.56 kW (40:1) motorratkaskombinasie aangedryf word (30:1 en ander is opsioneel).

 

Kontak ons gerus by 018 469 1331 of 082 564 5955.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
SENTER360