Skip to main content
Pioneer

Chemiese Skade Op Jong Plante

Deur  AJ Steyn, Pioneer Veldagronoom

Inleiding

Wanneer planttyd aanbreek vir somergewasse weet ons nie wat die seisoen gaan inhou ten opsigte van klimaatstoestande nie. Die gebruik van chemiese onkruiddoders het so deel van produksiepraktyke geword dat daar natuurlik uitdagings in terme van toedieningsmetodes en dosisse ontstaan, omdat omgewingsfaktore en gronde varieër. Dit bly belangrik om te hou by die etiket aanbevelings om effektiwiteit van onkruiddoders te optimaliseer. Skadesimptome kom egter elke seisoen voor, en korrekte identifikasie van simptome bly van belang asook om risikos sovêr moontlik te systap.

 

Diagnose van abnormaliteite

Wanneer chemiese skade op saailinge vermoed word, is ‘n sistematiese ondersoek na die oorsaak van die skade nodig op drie vlakke, naamlik:

  1. voorkoms van die land
  2. simptome op geaffekteerde plante
  3. siptome op plantdele bv. blare of stamme

 

Daar moet ook bepaal word of die simptome in die land herhalend van aard of gerandomiseerd is.

 

Gereelde patrone kom dikwels voor as gevolg van:

  • Oorvleueling van spuittoediening
  • Grondkompaksie
  • Spuittenk kontaminasie
  • Mengfoute van chemie
  • Toedieningsfoute
  • Winddrywing

 

Gerandomiseerde patrone as gevolg van omgewingsfaktore sluit dikwels die volgende in:

  • Onkruiddoder oordrag vanaf die vorige seisoen (bv. atrasien na droë seisoen)
  • Spuitdrywing
  • Topografie (bv. sywaartse watersyfering)
  • Weerstoestande (koue en nat)
  • Plantstres (koue / hitte)
  • Grondvogtoestande (dikwels ekstreem)
  • Klei-inhoud / Organiese materiaal

 

Plantstrukture verskaf dikwels leidrade ten opsigte van die tyd en bron van die skade, bv.

  • Saailinge of groter plante
  • Wortelskade
  • Onderste- of boonste blare
  • Koppe of pitte
  • Kombinasies van bogenoemde

 

Dit is nodig om te bepaal wanneer die besering plaasgevind het, naamlik:

  • Gedurende of net na saailingverskyning
  • Goeie aanvanklike stand en groei, en daarna die besering

 

Grasdoder onkruiddoders

Vir die doel van geheue verfrissing word die grasdoder groep van vooropkoms onkruiddoders uitgelig. Hierdie chemiese groep sluit die asetamiede, Chloro-asetamiede en oksie-asetamiede in, met aktiewe bestanddele soos alachlor, acetochlor en metolachlor. Die werking van hierdie groep grasdoders vertraag die vorming van selmembrane en inhibeer so onkruidgroei.

Omdat die mielieplant ook aan die grasfamilie behoort, word beveiligers by hierdie chemie gevoeg ten einde veilige gebruik in mielies te verseker.

Die grond se klei-persentasie word in ag geneem om die korrekte dosis grasdoder te bepaal. Probleme duik gewoonlik op wanneer (veral met vroeg plant) die nagtemperature laag daal. Die mielie-saailing se koleoptiel druk dan stadiger deur die onkruiddoder sone as normaal en neem in die proses meer grasdoder op as wat dit moet. Figuur 1 vertoon asetamiedskade  en hier kan die tipiese grasdoderskade (verwronge saailing) gesien word. Figuur 2 dui butilaatskade aan - dit kan voorkom as onkruiddoder sonder beveiliger toegedien word of as die opkoms vertraag word as gevolg van koel, nat grond.

Produsente wat vroeg wil plant moet die weervoorspellings goed dophou om die kanse van ‘n laatkoue te minimaliseer na planttyd en hierdie gepaardgaande probleme te systap.

 

Verwysings:

Bernards,Mark L, Herbicide Injury simptoms in corn,University of Nebraska, 2009.

Clay, Sharon A. Herbicide Injury to corn. Chapter 42, I Grow corn. SDSU Extension.

 

Vir meer inligting, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
Pioneer | Chemiese Skade Op Jong Plante | somergewasse | planttyd | skade