Skip to main content

Misdaadvoorkoming En Plaasbestuur Op Die Platteland Deel I

Inleiding

Die geweldige misdaadtoename in Suid-Afrika lei tot onnodige lewensverlies van mense en vee. Hierdie waarheid is alombekend. Die probleem word nie altyd holisties benader nie, en heelwat losstaande oplossings word gereeld voorgelê aan die landbougemeenskap as die alfa en omega. Dit raak al hoe meer krities vir die boerderygemeenskap om hande met tegnologie te vat wat die verskeie aspekte daarvan holisties kan aanspreek.

 

Huidige situasie

Met die rondbeweeg tussen die boeregemeenskappe landwyd, is dit skokkend om te sien hoe baie landbouers geen of bitter min weldeurdagte tegnologie ontplooi vir proaktiewe sekuriteit en plaasbestuur.

Ten spyte van die jarelange statistiek wat duidelik aandui hoe die situasie jaarliks versleg, word gevind dat die boeregemeenskappe baie traag is om hande te vat en pro-aktief op te tree om van effektiewe tegnologie gebruik te maak.

Daar is gevind dat heelwat passiewe installasies, soos heinings, wel gebruik word. Dit is egter steeds ʼn groot bekommernis dat dit in baie boeregemeenskappe nie eers gebruik word nie en daar geen passiewe of aktiewe sisteme in plek is nie.

 

Proaktief versus reaktief

Die ontplooiing van die korrekte tegnologie kan die reaksiespanne bemagtig om baie meer proaktief te wees en nie net reaktief nie. Hierdie proaktiewe en reaktiewe bestuur word bewerkstellig deur goeie sekuriteit vir vee en ander diefstal, maar kan ook met die algemene bestuur van ʼn plaas help.

’n Proaktiewe oplossing word ook nie net sterk deur tegnologie alleen gesteun nie, want die menslike aspek wat hierdie stelsels aktief monitor is van uiterste belang. “Kunsmatige Intelligensie” soos deur tegnologie verteenwoordig, kan ʼn groot bydrae lewer tot sukses, maar die identifisering van verdagte situasies kan egter nie altyd daardeur geïdentifiseer word nie. Daarom moet ʼn goed opgeleide, professionele persoon of maatskappy gekies word om hierdie belangrike rol te vervul.

 

Tegnologie en Betroubare Diensverskaffers.

Daar word gereeld bevind dat boeregemeenskappe om verskeie redes huiwerig is om nuwe en gevorderde tegnologie te gebruik: van gemeenskappe wat nie bekend is met tegnologie nie en daarvan wil wegbly; tot die gebrek aan vertroue dat tegnologie nie betroubaar is nie.

Daarom is dit uiters belangrik om betroubare diensverskaffers te gebruik wat stelsels en toerusting van hoogstaande gehalte installeer. Daar word gereeld bevind dat koste meestal die enigste motivering vir besluitneming is. Dit is belangrik om te weet dat stelsels soos ʼn ketting is met heelwat skakels. As een van die skakels nie reg ontwerp of uitgevoer word nie, beïnvloed dit die betroubare werking van die hele stelsel.

Professionele diensverskaffers, verkieslik met professionele ingenieurs, moet dus gebruik word. Effektiewe werkende stelsels is nie net om ʼn klomp verskillende tegnologiese boublokke bymekaar te gooi nie. Elke stelsel is uniek en elkeen het unieke uitdagings en kan nie lukraak saamgeflans word nie. Die assessering, gedetailleerde ontwerp en -voorstelle is van uiterste belang voordat ʼn stelsel geïnstalleer word.

 

Video-toesig

Behalwe verskeie ander tegnologiese stelsels wat ontplooi kan word vir plaasbestuur en -sekuriteit, is die ontplooiing van ’n betroubare videostelsel baie belangrik. Videostelsels kan verder ook baie suksesvol deur die landbouer gebruik word om al sy ander plaasbedrywighede te monitor en te bestuur.

Waar dit ontplooi word langs paaie en op plase word ʼn groot positiewe impak gemaak op die vermindering van diefstal van vee en ander eiendom. Hierdie aspek sal wyer bespreek word in die volgende artikels.

SDE is ʼn maatskappy wat gebruik maak van sulke professionele persone met jare se ondervinding met die installering en onderhoud van tegnologiese installasies.

SDE kan op enige stadium gekontak word vir meer inligting.

 

System Design Experts (Edms) Beperk

Dirk Laing

012 6634331

072 668 0800

dirk@sdexperts.co.za

 

For other agricultural products and services, click here.

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
System Design Experts (Edms) Beperk | misdaad | plase | boerdery gemeenskap | security | livestock protection