Skip to main content

Daar Is ‘n Alternatief! Kragdag Wes-Kaap

Met toenemende Eskom beurtkrag, veiligheidsprobleme, dreigende waterkrisisse, ontoeganklike paaie en wanpresterende onderwys in staatskole, kan niemand meer bekostig om net te kla oor die huidige stand van sake nie. Ons moet sélf alternatiewe begin vind. Dáárom sê Sakeliga KragDag vanjaar ‘Daar is ‘n alternatief!’ by ons tweede Wes-Kaap-selfstandigheidsekspo by Môreson Plaas buite Malmesbury vanaf 21 to 23 Maart, 2024.

 

 

“Die Wes-Kaap-weergawe van Sakeliga KragDag is verlede jaar vir die eerste keer buite Malmesbury getoets en met meer as 5 000 besoekers wat die 100 uitstallers kom besoek het, het ons geweet dat ons besluit om KragDag se voetspoor te vergroot, die regte een was,” sê HP Steyn, Bestuurshoof van KragDag.

KragDag is vir die eerste keer in 2008, net buite Pretoria op Diamantvallei aangebied. Dit is net na beurtkrag die eerste keer in Suid-Afrika aangekondig is, end it duidelik geword het dat energie oplossing in Suid-Afrika noodsaaklike is vir huishoudings en klein besighede.

 

Meer oor die tema: “Daar is ‘n alternatief”

“Ons leef in 'n onsekere tyd, met ongekende ekonomiese verval en ‘n groot deel van die probleem is dat ons só gewoond geraak het aan gebrokenheid en verval dat dit moeilik is om ‘n lewe in te dink waar dinge werk soos dit moet. Die antwoorde op die vraagstukke in ons land is beslis nie eenvoudig nie, maar dit begin sonder twyfel by selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid. Wanneer ons sê ‘Daar is ‘n alternatief’ gaan dit oor méér as om reaktief staatsbestand te raak. Dit laat ons opnuut herbesin oor hoe ons lewens, omstandighede en gemeenskappe na regte daar moet uitsien en om self verantwoordelikheid daarvoor te neem.”

 

Daarom is Sakeliga KragDag soveel meer as ‘n selfstandigheidsekspo. Dit is ‘n instelling vir mense met ‘n positiewe selfstandigheidsingesteldheid vir hulself en hul gemeenskappe. Mense met ‘n filosofie van vryheid en selfbeskikking wat roepingsbewus kreatiewe en selfstandige oplossings ontwikkel en implementeer en mense inspireer om deel te neem.

 

Kom kyk na hierdie alternatiewe by Sakeliga KragDag 2024:

  • Jou eie kragvoorsiening as alternatief tot uitgelewerdheid aan beurtkrag.
  • Ontgin en opgaar van jou eie water as alternatief tot besmette water en wateronderbrekings.
  • Private en voorkomende gesondheidsorg as alternatief tot staatshospitale en -voorskriftelikheid.
  • Privaat- en tuisleer as alternatief vir staatskole.
  • Eie- en gemeenskapsinstandhouding van infrastruktuur as alternatief tot slaggate en ander staatsuitgelewerdheid.
  • Persoonlike veiligheidstelsels en gemeenskapssekuriteit as alternatief tot polisie-onbevoegdheid en -misdadigheid.

 

For other agricultural products and services, click here

Archived Posts

2024 (1)
2023 (1)
2022 (1)
2021 (1)
2020 (1)
2019 (1)
2018 (1)
2017 (1)
KragDag